Groter Pretoria verkeershoof bedank

Verhoudings tussen die metropolisie se hoof, Steven Ngobeni, en die Tshwane Raad het gelei tot Ngobeni se bedanking.

Die metro polisie se onlangse kritiek oor anti-Zuma betogings is deels verantwoordelik vir die breuk van vertroue tussen die partye.

Boonop het Ngobeni geweier dat Metropolisielede op versoek van die stadsraad se speaker, rumoerige ANC-lede uit ‘n raadsvergadering verwyder.  Dit het daartoe gelei dat die speaker gevra het om haar eie veiligheidsgroep op die been te bring om in gevalle waar raadsvergaderings ontwrig word, van hulle gebruik te maak om rumoerige raadslede te laat verwyder. Die versoek is goedgekeur.

Foto: Steven Ngobeni