Franse regering ondersoek Front Nasionaal

Hernude pogings om Marine Le Pen te diskrediteer tydens die verkiesingsveldtog in Frankryk, word enkele weke voor die eerste rondte van die presidentsverkiesing uitgevoer.

Die Departement van Justisie in Frankryk het bekend gemaak dat ondersoek gedoen word na die bedrywighede van Marine Le Pen se Front Nasionaal, wat klaarblyklik verdink word dat die nasionalistiese partye misbruik gemaak het van owerheid fondse.

Die party sou glo regeringsfondse gekry het vir “nie bestaande” aspekte wat gebruik is vir Marine Le Pen se verkiesingsveldtog tydens 2012/

Die Europese Parlement eis ook in ’n ander voorval sowat 650 000 euro terug van die party en beweer dat Marine Le Pen en haar vader Jean-Marie, glo ook geld ontvang het wat op onregmatige wyse bekom is.

Foto – Marine Le Pen