Franse peiling toon stand van kandidate

In peilings van drie verskillende instansies in Frankryk toon dat vier kandidate redelike sterk steun geniet vir die eerste rondte van die presidentsverkiesing wat oor twee weke gehou word.

Die Franse koerant Le Figaro saam met RTL en LCI se peilings toon dat die verlinkse Luc Mélenchon aansienlike steun bygekry het terwyl die Sosialiste Party van president Hollande se kandidaat, Benoît Hamon, uiters swak vaar.

Luc Mélenchon het in die vorige verkiesing van 2012 slegs 11% steun gekry, maar het volgens die jongste peiling tans meer as 18% wat hom na aan die van die Republikeinse kandidaat, Francois Fillon bring wat 19% steun het.

Die peilings toon egter dat Marine Le Pen en die onafhanklike kandidaat, Emmanuel Macron steeds die voorlopers is, elkeen met steun van 24%.

’n Onafhanklike peiling het egter getoon dat Marine Le Pen gemaklik voor is met 26% steun teenoor Macron se 23%.

Die afgelope naweek het die Republikein Fillon ’n massa byeenkoms ’n skare  van meer as 20 000 toegespreek in Parys,

Die Britse BBC televisiediens het intussen ’n 30 minute program net na die nuusuitsending aangebied oor die presidentskandidaat Marine Le Pen, en moeite gedoen om haar verdag voor te stel as iemand wat oneerlik is.

Waarnemers sê dit was ’n duidelike poging om Le Pen se kandidatuur te benadeel aangesien sy gewis die sterkste steun onder die Franse kiesers geniet.