Flynn wil getuig teen Trump

Die Republikein Michael Flynn, voormalige adviseur oor Nasionale Veiligheid wat deur president Donald Trump aangestel en later afgedank moes word, wil nou teen die Trump-administrasie getuig.

Flynn wil teen die Trump werkers getuig oor hulle betrokkenheid en skakeling met Rusland, maar wil dit net doen in ruil vir immuniteit teen vervolging.

Hy het glo gesê hy wil voor die Amerikaanse Kongres getuig, en die vermoede bestaan dat hy wil praat oor bande tussen die Trump-werkers van die verkiesing en Rusland.

Die gerug doen die rondte nadat sy regsverteenwoordigers ook opmerkings in die verband gemaak het.

Flynn wil glo ’n “verhaal vertel aan die hele Kongres indien die omstandighede dit toelaat” aldus advokaat Robert Kelner.

Die advokaat sê geen persoon sal bereid wees om in die politieke verdeeldheid wat tans bestaan, sekere inligting bekend wil maak sonder beskerming nie, veral omdat ’n heksejag tans aan die gang is.

Flynn was slegs enkele weke in diens van die Trump-administrasie toe hy moes erken dat hy gedurende die verkiesingsveldtog geskakel het met seniors in Rusland, waarna hy besluit het om te bedank voor hy afgedank sou word.

Foto – Michael Flynn