Finland heroorweeg dalk EU lidmaatskap

Sampo Terho is lid van die parlement en voorsitter van die “True Fins Party” in Finland, en het hul verkiesingsveldtog afgeskop en gesê as die party sou wen, sal lidmaatskap van die Europese Unie heroorweeg word.

Terho is genomineer as kandidaat vir die komende presidentsverkiesing wat eersdaags gehou word, maar het erken dat die moontlikheid ook bestaan dat sy party slegs die grootste opposisie party sal wees.

Hy het egter die hoop uitgespreek dat die kiesers wel sal kyk na die party se verkiesingsprogram en dat ’n referendum oor EU lidmaatskap gehou sal word as hy tot president verkies sou word.

Die Tru Fins wil onder Terho se regering die Finse kiesers geleentheid gee om te besluit oor lidmaatskap van die EU, en gaan die verkiesing laat wentel rondom die aangeleentheid.

Foto – Sampo Terho