Fillon nie meer Republikeinse leier

Die voormalige Franse presidentskandidaat van die Republikeinse Party, François Fillon,  het die leierskap van die party neergelê en gesê hy wil net ’n “gewone kandidaat” wees in die parlementêre verkiesing wat in Junie gehou word.

Fillon het die besluit tydens ’n media onderhoud bekend gemaak en gesê hy bly lid van die Republikeinse Party maar sal nie meer as leier optree nie.

Fillon het in die eerste rondte van die presidentsverkiesing die derde meeste stemme getrek, en na afloop van die verkiesing gesê hy moedig sy ondersteuners aan om nie vir Marine Le Pen nie, maar wel vir Emmanuel Macron te stem in die tweede rondte.

Die bestuur van die Republikeine het egter tussenbeide getree en Fillon se siening verwerp en ondersteuners aangemoedig om vir enige van die twee kandidate te stem volgens hulle keuse.

Fillon se uittrede as leier van die Republikeine word gesien as ’n daad van verset teen die bestuur se besluit om kiesers ’n vrye hand te gee in die stemming van die tweede rondte.