Exxon moet sanksies teen Russe gehoorsaam

Die Amerikaanse regering het geweier om toegewings te maak aan Exxon en gesê die oliemaatskappy moet die sanksies teen Rusland eerbiedig.

Steven Mnuchin, die Amerikaanse minister van finansies het die inligting die afgelope naweek bekend gemaak.

Hy het gesê die Departement van Handel maak geen uitsondering vir Amerikaanse maatskappye nie, en dit sluit die oliereus Exxon in.

Hy het bygevoeg dat Exxon se olieboor program nie in Rusland toegelaat sal word solank die huidige sanksie maatreëls teen Moskou van krag is nie.

Minister Mnuchin het gesê die aangeleentheid is eers aan president Donald Trump voorgelê vir oorweging.

Exxon het ’n uitsondering gevra om verby die sanksie maatreël te kom wat deur Obama ingestel is en steeds van krag bly, wat onder meer die boor na olie in die Swart See by Rusland asook in die Kara See in die Siberiese omgewing insluit.

Foto – Minister Steven Mnuchin