Effense verligting vir motoriste

Die Departement van Energie het aangekondig dat brandstof vanaf 5 April met 24 sent sal verlaag terwyl diesel slegs met 10 sent verlaag word.

Hierdie verligting sal egter van korte duur wees danksy verlede week se kabinetskommeling en die afdanking van Pravin Gordhan.

Die rand se waarde het reeds betekenisvol verswak teenoor die ander geldeenhede en kan daar ‘n skok wees in Mei met moontlike verhoogde brandstof pryse.

Die prys van ru-olie het ook die laaste dae effens gestyg.