EFF loop deur onder diewe

Sensitiewe dokumente is gesteel vanuit die tesourier-generaal van die EFF se motor. Leêrs en ‘n skootrekenaar is vanuit Leigh-Ann Mathys se voertuig gesteel in Parkwood Johannesburg.

‘n Segsman van die rooi party het ‘n beroep gedoen op Suid Afrikaners om die diewe te identifiseer en aan te meld by die polisie of die EFF.

Dit is nie seker of die diewe bewus was dat dit die EFF se eiendom was nie, en of dit dus ‘n “politieke diefstal” was of nie. Indien dit wel was, sal dit interessant wees om te sien watse sensitiewe inligting van die EFF kan uitlek.

Foto: Leigh-Ann Mathys