Dlamini-Zuma begin ook opstekery

Tydens ‘n ANC Vroueliga byeenkoms het Nkosazana Dhlamini-Zuma gewaarsku dat daar ‘n revolusie gaan wees as vroue, jong mense en swartes nie meer toegang tot die land se ekonomie kan verkry nie. Sy sê die revolusie sal uit die geledere van die ANC se Jeugliga kom.

Dit kom neer op presies dieselfde as Julius Malema se toesprake wat geweld aanhits. Waarskynlik probeer sy met hierdie radikale dreigement om haar statuur te verhoog om haar kanse om volgende president van die land te word, te verbeter.

Intussen is daar verbasing dat sy by Luthulihuis opgedaag het met ‘n sogenaamde blouligbende. Drie bloulig voertuie het haar daar afgelaai. Die omstrede blouligbrigade is tot die beskikking van sekere belangrike persone, soos ministers. Sy het onlangs teruggekeer as voorsitter van die Afrika-Unie, en tans kwalifiseer sy nie vir enige BBP status of behandeling nie.