Die piesangrepubliek vrot

Die gemors kon lagwekkend gewees het as dit in ’n storie vervat is, maar nou is dit in die sonnige Suid-Afrika waar die Ja-stemmers van twee dekades gelede nog vertel het hoe lekker die Ruwe Suid-Afrika gaan wees.

En nou sit ons met ’n Ja-stem se piesang republiek – ’n vrot een….

Malema skree die opposisie moet nou saamstaan om die land te red, die ANC is vrek verdeeld, die SAKP skree dat hulle president van die land moet bedank en ander wonder watter maatreëls getref kan word om van die land se graad 5 kêrel ontslae te raak.

Al wat moes gebeur, was om twee dekades gelede Nee te stem vir ou FW se liederlike plan wat ingeklee was met leuens van eie woongebiede en eie skole en eie alles, maar nooit gesê dit is ook ’n waarheid dat Ja beteken Ja vir ’n eerbare volk se eie ondergang.

Nou tjank almal oor die minister wat ’n ANC “comrade” is se afdanking… terwyl niemand ’n woord rep oor die klomp moorde op volksgenote nie – en hulle word deur anderskleuriges vermoor, met die wreedheid wat erger is as barbarisme.

Nou foeter die rand die afgrond in, die nyweraars wonder wat te doen staan, die spul nuwe ministers gaan sukkel om geloofwaardigheid te wek, en die Gupta-lot is al weer in aantog… so ook die slimmes wat afgradering na rommel status gaan toepas.

Jy kan nie ’n piesangrepubliek wat vrot, geniet nie…

Manie Odendaal