Derde van grond in swart hande

Sedert 1993 het blankes se besit van grond in die land geleidelik afgeneem, en swart boere besit reeds ’n derde van die bewerkbare landbougrond in Suid-Afrika.

Dit blyk uit navorsing wat oor ‘n tyd deur Landbouweekblad en ­Johann Bornman van Agri Development Solutions (ADS) gedoen is.

Volgens dié navorsing het wit kommersiële boere se aandeel in die eienaarskap van Suid-Afrika se totale bewerkbare landbougrond van 85,1% in 1993 gedaal tot 65,5% tans.

Swart grondeienaars se aandeel het intussen van 14,9% in 1993 tot 34,5% toegeneem, en op die oomblik vind ongeveer ses uit tien van alle private grondtransaksies plaas tussen mense wat nie wit is nie.

 

Die navorsing word in landboukringe verwelkom, aangesien die ANC weier om ‘n grondoudit te doen, waarvoor TLU SA al jare gelede begin pleit het.

 

Boonop besit die staat, wat in swart hande is, ook geweldig baie grond.