Coligny verwoes oor seun se selfmoord

Die 12-jarige wie se dood na bewering die aanleiding was tot die verwoesting in Coligny, het selfmoord gepleeg.

Nadat hy en ‘n vriend op heterdaad betrap is dat hulle sonneblomme op ‘n plaas gesteel het, het die vriend die hasepad gekies en weggekom, maar hy is aangesê om op ‘n bakkie te klim sodat hy na die polisie geneem kan word.

Boere landwyd ondervind probleme dat groot dele van hulle oeste gestroop word deur diewe.

Die seun het mettertyd nie meer kans gesien vir die polisie nie, en toe die bakkie stadiger om ‘n draai ry, het hy afgespring en sy nek gebreek.

‘n Regskenner wys daarop dat hy in wese selfmoord gepleeg het. “Selfs ‘n twaalfjarige weet dat mens kan sterf as jy van ‘n bewegende voertuig afspring, en daarom kan dit as selfdood gesien word,” het ‘n regskundige aan Die Vrynurger verduidelik.

Intussen het twee mans, vermoedelik blanke werknemers op ‘n plaas, hulleself by die polisie aangemeld, waarop hulle gearresteer is en hulle word nou vir moord aangekla.