Bush besoek Namibië en Botswana

Die voormalige president van Amerika het pas ’n kort besoek gebring aan Namibië en Botswana in opvolging van die Bush hulpfonds wat oor twee dekades verleen is aan mense van die twee lande.

In ’n mediaverklaring word gemeld van die voormalige president se besoek om saam met die leiers van die twee state die sukses te vier van twee dekades se hulpverlening wat glo ’n enorme verskil gemaak het in die lewens van inwoners.

Volgens berigte sal George W Bush en sy gade saam met leiers verkeer om te sien hoe die uitdagings van siektes en armoede aangespreek is met behulp van die Bush fondse.

Hy sal ook besonderhede ontvang van hoe Amerikaanse hulp die bestryding van MIV-Vigs gevorder het onder die bykans 12 miljoen inwoners.

Op die meegaande foto word die voormalige president hartlik verwelkom deur die Namibiese president Hage Geingob, wat blykbaar sommer ook ’n humoristiese opmerking saam geniet.

Foto – George W. Bush en president Hage Geingob