Burgemeester spandeer R300 000 op nag in hotel

Die burgemeester van die Emfuleni munisipaliteit is in die spervuur oor beweerde buitensporige bestedings.

Simon Mofokeng het skynbaar in duur hotelle oorgebly en boonop skynbaar vals finansiële state voorgelê aan die provinsiale wetgewer.

Hy het skynbaar R300 000 op een nag in die hotel spandeer, maar sy verweer is dat die R300 000 oor ‘n tydperk van ‘n jaar spandeer is as hy werkswinkels by hotelle gaan bywoon het.

Daar is ook onverklaarbare kontantonttrekkings wat wissel van R15 000 tot R30 000 per maand.

Opposisiepartye eis nou sy kop as burgemeester, maar hy ontken alle aantygings teen hom.

Foto: Simon Mofokeng