Brasiliaanse korrupsie skandaal kring uit

Die korrupsie skandaal waarby talle senior lede van die regering betrek word, is besig om verder uit te kring en ondersoeke word nou gedoen na meer as ’n 100 politieke figure.

Dit blyk noudat die korrupsie ondersoek ook sal oor spoel na prominente sportlui van die wêreld.

Die ondersoekers is tans besig om vas te stel hoeveel van die meer as honderd politieke figure in die land by die land se grootste korrupsie skandaal betrokke is.

Volgens ’n ondersoekspan was daar erge korrupsie by minstens ses sportstadions wat in 2014 gebruik was vir die sokker se wêreldbeker wedstryde en in 2016 vir die Olimpiese Spele.

Die Hooggeregshof het verslae gepubliseer van onreëlmatighede wat plaasgevind het by die twee sportgeleenthede en sal waarskynlik ’n lang en indringende ondersoek vereis.

Die sportstadions se moontlike korrupsie voorvalle volg na die enorme korrupsie van die Petrobras maatskappy, bekend as die “Operation Car Wash”.

Die skandaal het talle politici en die land se president se ontslag teweeggebring en nog is dit nie die einde nie, aangesien nege ministers saam met ‘n 100 tal ander politici nou onderwerp is aan ondersoeke.

Foto – Rio Sport Stadion