Betogers barbaars teenoor diere

Sogenaamde diensleweringsbetogings het ‘n nuwe vlak van barbarisme aangeneem toe betogers op Lichtenburg ‘n vragmotor met kuikens voorgekeer het, ‘n aantal kuikens uit die vragmotor gegooi het, en die res van die kuikens in die vragmotor gelos het en die vragmotor aan die brand gesteek het en etlike duisende kuikens lewend verbrand is. Daarna ht hulle met ander voertuie oor die verwese kuikens op die pad gery.

Sowat 300 van die barbaarse betogers het verlede week met hierdie gewelddadige prote begin, en volgens berigte is hulle vandag reeds weer van vroeg af besig. Die pad na Ottosdal is gesluit aangesien dit te gevaarlik is vir motoriste om by die gewelddadige betogers verby te ry.

Vyf mense is verlede week deur die polisie in hegtenis geneem, maar dit is nog nie seker wat die klagtes teen hulle gaan wees nie.