Belastingbetalers werk net vir staatsamptenare

Staatsamptenare se salarisse neem tans 43% op van die staat se totale uitgawes, en in Junie moet hulle weer aanpassings kry wat ‘n persentasiepunt hoër moet wees as die verbruikersprysindeks. Dit beteken dat die salarisrekening nog verder gaan styg.

Die ekonoom Mike Schüssler, sê dat die gewone burger nou hoog belas moet word om staatsamptenare se salarisse te betaal, in plaas daarvan dat dit aangewend word vir die verbetering van infrastruktuur en dienslewering.

Schüssler sê die staat se salarisrekening as ’n persentasie van die bruto binnelandse produk het reeds tot amper 14% geklim en is van die hoogste in die wêreld. Dít terwyl ons belastingkoers die vierde hoogste in die wêreld is.

Daar is geen vertroue in die nuwe minister van staatsdiens en administrasie, Faith Mu­thambi, nie.  Sy was verantwoordelik vir die finansiële krisis van die SAUK, en ekonome reken sy sal nie die staatsdiens se salarisrekening kan beheer nie. Selfs Pravin Gordhan kon dit nie regkry nie, word gesê.

Foto: Mike Schüssler