Anglo American wil steenkool aanlegte verkoop

Die Anglo American myngroep het aangekondig dat hulle hul steenkool aanlegte by New Vaal, New Denmark en Kriel gaan verkoop vir R2,3 miljard.

Dit is klaarblyklik ‘n strategiese stap om die prysafname van steenkool te hanteer.

Die groep gaan meer konsentreer op diamante, platinum en koper.  Dit is nie bekend wie die kopers is nie.