ANC vol vertrou dat SAUK se probleme verby is

SKOOR of te wel die Staande Komitee op Openbare Rekeninge het bevind dat geld kwistig vermors word deur die raad van die SAUK,  veral op salarisse aan 22 raadslede wat elk meer as R2 miljoen per jaar verdien.

Dit terwyl die geldkas op minder as R100 miljoen staan om bedryfsuitgawes te finansier en die SAUK al bekend gemaak het dat hy sy reserwes gebruik om aan die gang te kan bly.

Volgens Vincent Smith van Skoor is daar nie ‘n balans tussen produktiwiteit en uitgawes nie.

Intussen het die ANC hul vertroue uitgespreek dat die SAUK raad sommige van die probleme gaan oplos.

‘n Tussentydse raad is verlede week aangestel, en daar word verwag dat die nuwe minister van finansies die beursie wyd sal oopmaak om die kontantvloeiprobleem op te los.