ANC in Wes-Kaap ontevrede

Die ANC in die Wes-Kaap het versoek dat die party se nasionale uitvoerende komitee Jacob Zuma se kabinetskommeling moet bespreek asook die persoonlike  aanvalle  tussen lede van die ANC. Hulle versoek dat die party se integriteitskomitee Zuma se optrede moet ondersoek.

Intussen het die ANC Jeugliga bekendgemaak dat hulle lede van die party sal “verwyder” wat die organisasie kritiseer oor sogenaamde ongegronde verklarings.

En by die Chris Hani dodeverering het die nuutaangestelde omstrede minister van finansies gevra dat ANC-lede hulle daarvan moet weerhou om kritiek teen die party en sy lede in die openbaar uit te spreek.