Al meer eis Zuma se kop

Die Cope leier, Terror Lekota, het ‘n beroep op Suid Afrikaners gedoen om nie saam te werk met ‘n regering wat nie die grondwet van die land respekteer nie.

Insgelyks het Zwelinzima Vavi, wat onlangs ‘n nuwe vakbondfederasie gestig het nadat hy uit Cosatu geskop is, ook gevra dat Suid Afrikaners hul ontevredenheid moet laat blyk oor Zuma se kabinetskommeling.

Die eens troue volgelinge van die ANC is nou skielik kwaad en bekommerd na bykans ‘n kwart eeu van plundering, diefstal, bedrog en korrupsie van hul mede kamerade.

Intussen word daar bespiegel dat die voorsitter van die ANC se integriteitskommissie, Andrew Mlangeni, ‘n brief aan die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, gaan oorhandig waarin gevra word dat Zuma moet bedank.

Die voormalige president, Kgalema Motlanthe, het nou ook sy stem gevoeg by die steeds groter wordende koor van mense wat eis dat Zuma se kop moet rol.

Politieke ontleders sien hierdie stap as ‘n moontlike skeuring in die party.