Afgradering se eerste slagoffer

Pioneer Foods is een van die eerste slagoffers van Jacob Zuma se kabinetskommeling en wat gelei het tot die afgradering van die land se ekonomie na rommelstatus.

‘n Ooreenkoms wat bykans gefinaliseer was is afgestel weens die ekonomiese onsekerheid in die land.

Pioneer Foods het ses kapitaal beleggings op die ys geplaas totdat sekerheid verkry is oor die land se ekonomiese stabiliteit.

Die moontlikheid dat buitelandse beleggers tans geld in SA gaan belê word al hoe skraler en die tyd wat dit gaan neem, indien moontlik, om vanuit rommelstatus te kom, maak beleggers sku vir Suid-Afrika.

Intussen het die minister van finansies vanuit Washiongton laat weet, waar hy onder andere met die derde graderingsmaatskappy, Moody’s, gesprek gevoer het, dat dié instansie dalk die voorbeeld van die twee ander instellings gaan volg en Suid-Afrika ook op die rommelhoop gaan gooi.