Aardbewing ruk die weste

‘n Groot aardbewing is gevoel in Klerksdorp, Noordwes en selfs so ver as dorpe in die Vrystaat, Randburg en tot in dele van Pretoria.

Inwoners van Klerksdorp sê dit was nogal lank en hard en skrikwekkend. Huisdiere was ook erg verbouereerd toe die skudding plaasvind.

Onbevestigde berigte lui dat die skudding 5,2 op die Richterskaal geregistreer het.

Geen berigte van skade of beserings is sover ontvang nie.