Zuma beskerm onbevoegde minister

 

Die krisis rondom die betaling van maatskaplike toelaes draai al in die Grondwetlike Hof in ‘n poging om oplossings te kry, maar die land se staatshoof, Jacob Zuma, glo ten spyte daarvan, dat sy minister niks verkeerd gedoen het nie.

Zuma het vrae in die parlement beantwoord en gesê dat hy nie vir Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling kan straf nog voordat sy ‘n fout gemaak het nie.  Daarteenoor het die grondwetlike hof haar al by meer as een geleentheid gebraai oor haar rol in die hele debakel.  Hoofregter Mogoeng Mogoeng het haar vroeër die week in die konstitusionele hof reguit as “onbevoeg” beskryf.

Politieke partye en buiteparlementêre groepe eis Dlamini se kop, aangesien 17 miljoen mense nog nie weet of hulle wel op 1 April hulle welsynsuitbetalings gaan kry nie.

Foto: Bathabile Dlamini wat deur die hoofregter “onbevoeg” beskryf is, saam met haar beskermer, Jacob Zuma