Wêreldoorlog bom in Londen gevind

Deskundiges van die Britse weermag moes dwarsdeur die nag werk om die verwydering van ’n massiewe bom wat uit die Tweede Wêreldoorlog dateer, gereed te maak.

Die bom wat in die noordwestelike gebied van Londen gevind is, het plaaslike inwoners tot paniek gedryf en menige die hasepad laat neem om weg te kom van ’n moontlike ontploffing.

Talle inwoners wat in die nabyheid van die bom woonagtig is, is die nag in ’n nabygeleë kerk gehuisves tot die gevaarlike bom verwyder is.

In teenstelling met die vlugtende inwoners, het honderde ander hulle na die toneel gehaas om die weermag se moeilike taak te aanskou.

Die bom wat sowat 230 kilogram weeg, is deur kontrakwerkers gevind nadat hulle besig was met ’n uitgrawing.

Die ingenieurs wat saam met die weermag deskundiges gewerk het om die bom onskadelik te maak voordat dit verwyder kon word van die perseel, sê die bom was nog net so gevaarlik as wat dit in die veertigerjare van die vorige eeu was, en beskou dit as ’n wonderwerk dat dit tydens die oorlog nie ontplof het nie.