Wêreld Nuusflitse – 3 Maart

Zimbabwe

Die wêreld se oudste regeerder, president Robert Mugabe (93) beoog om die Zimbabwiese president te bly tot sy 100ste verjaarsdag, maar het Donderdag na Singapoer gereis “vir ’n doktersondersoek” wat gereeld nagekom word.

 

Sirië

Die Verenigde Nasies het in ’n verklaring gesê oorlogsmisdade is deur al die vegtende magte gepleeg in die stryd om die Siriese stad Aleppo te beheer. Die Amerikaans geleide koalisiemagte, die Koerdiese vegters, asook die Siriese regeringsmagte het skuld aan die ernstige misdryf.

 

Swede

Die Sweedse regering het verpligte weermagsdiens heringestel nadat Rusland begin het om “spiere te bult” op die grense met Finland.