Wêreld Nuusflitse – 20 Maart

Turkye

Die opposisieparty in Turkye is so aan bande gelê dat hulle verplig was om hulle eie TV kanaal se uitsendings vanaf Duitsland te doen.

 

Israel

Rima Khadaf, van die VN se ontwikkelingsagentskap het bedank uit haar pos weens die “apartheid staat” wat in Israel gevestig is.

 

Duitsland

Die Duitse minister van Ekonomiese Sake het gewaarsku dat sy land die VSA na die Internasionale hof sal neem as Amerika verhoogde invoerbelasting sou hef teen Duitse goedere, maar Duitse sakelui is optimisties dat volgehoue handel met sy jarelange vennoot gehandhaaf sal word.

 

Peru

Swaar reën wat gepaard gaan met stormsterk winde het die grootste oorstromings in dekades in Peru veroorsaak wat uiteindelik tot miljoene dollar se skade aan eiendomme gely het, en die dood van minstens 70 mense.

 

Italië

’n Italiaanse hof het ses onwettige Moslem immigrante wat asielsoekers is, elk 18 jaar tronkstraf opgelê omdat hulle nege Christene wat op dieselfde boot was, oorboord gegooi het om te verdrink in die Middellandse See.