Weer ‘n SEB-kontrakteur?

Nadat die dak van die Charlotte Maxeke Hospitaal in Johannesburg inmekaar gesak het, word die blaam nou geplaas voor die deur van ‘n kontrakteur wat met instandhoudingswerk besig was.

Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi en die LUR van Infrastruktuurontwikkeling van Gauteng, Jacob Mamabolo, sê die insident kon voorkom gewees het.

Volgend Mamabolo het die kontrakteur betonbalke op die dak geskuif en dit op een plek geplaas, waar dit te swaar geword het en die dak laat intuimel het. Vyf mense is beseer in die voorval.

Nie een van die politici het egter die naam van die kontrakteur bekend gemaak nie en die vermoede is dat dit ‘n sogenaamde Swart Ekonomiese Bevoordelingskontrakteur is waarvan die aandeelhouding aan swartes swaarder wees as bekwaamheid.