VSA Energie Minister deur Senaat gekeur

Die Amerikaanse senaat het met ’n oorweldigende meerderheid van 62 stemme teen 37 die aanstelling van die Minister van Energiesake goedgekeur.

Minister Rick Perry (66), was vir 14 jaar die goewerneur van die deelstaat Texas waarna hy ook in ’n vorige verkiesing presidentskandidaat van die Republikeine was.

Perry is ’n gerespekteerde leiersfiguur in Texas wat eers sedert 1988 aangesluit het by die Republikeinse Party.

In sy jeugjare het hy gevorder tot kaptein in die lugmag waar hy as vlieënier gewerk het tot hy by sy vader aangesluit het om ’n sukses te maak van hulle katoen boerdery.

Hy is bekend vir sy skerp uitsprake teen die homoseksuele en word beskou as een van Texas se mees konserwatiewe leiers.

Die senaat het ook die Afro-Amerikaner, Ben Carson se aanstelling as Minister van Behuising goedgekeur.

Foto – Minister Rick Perry