Vinnige groentekoekies

Wat eet ons vandag? Hier volg ‘n koeskoes en groentekoekie resep en sommer heerlik en vinnig om te maak vir Saterdagmiddagete. Die resep is voldoende vir 6 persone.

 

Bestanddele:

125 ml koekoes

250 ml kookwater

Klein bietjie sonneblomolie

1 ui, gekap

1 knoffelhuisie, gekneus

1 rooi soetrissie, in blokkies gesny

1 groen soetrissie, in blokkies gesny

2 skywe fetakaas, gekrummel

125 ml vars broodkrummels

1 eiers, geklits

15 ml vars gekapte pietersielie

60 ml boontjiespruite

2,5 ml gedroogde gemengde kruie

Sout en gemaalde swartpeper (na smaak)

 

Metode:

Stel oond op 200ºC.

Plaas koeskoes in ‘n bak, giet kookwater oor en laat vir 10 minute staan.

Roer die koeskoes met ‘n vurk om dit los te maak.

Verhit bietjie olie in ‘n pan en soteer die ui, knoffel en soetrissies tot sag.

Voeg die uiemengsel en die res van die bestanddele by die koeskoes en meng goed.

Vorm 6 groot koekies en plaas op ‘n gesmeerde bakplaat.

Bak vir 10 minute aan die een kant, draai dit om en bak vir nog 10 minute aan die ander kant.

Bedien met ‘n heerlike gemengde slaai.

 

Geniet u ete