Tweede reisverbod poging gekelder

Die Trump-administrasie in die Verenigde State van Amerika moes gister vir ’n tweede keer hoor dat die dekreet wat opgestel is om ses lande se mense die land se binnekoms te verbied, nie versoenbaar is met die Grondwet nie.

Die federale regter van Hawai het die tweede poging van die regerende Republikeinse Party se reisverbod blokkeer, slegs enkele ure voordat dit in werking gestel sou word.

Regter Derick Watson het in sy uitspraak gesê die reisverbod wat deur die Trump-administrasie toegepas sou word, “sal onherstelbare skade” veroorsaak.

Die reisverbod sou van toepassing wees op ses Moslem lande wat die VSA in die komende drie maande nie sou kon besoek nie.

Die bedoeling van president Trump is om toegang van potensiële Moslem terroriste te voorkom ter beveiliging van Amerikaners.

Dit is nog nie bekend of die regering ’n derde poging sal aanwend om Moslems te verhinder om die land binne te gaan nie.