Trump bewerings dalk waarheid

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het beweer dat die vorige president van die land, Barack Obama, sy telefoongesprekke laat afluister het.

Obama het die beskuldiging heftig ontken en gesê die president van Amerika het nie die magtiging om meeluistering toe te pas nie.

President Trump sê die vorige regering het sy gesprekke in die Trump Tower getap om later teen hom te gebruik.

Kenners meen dat president Trump waarskynlik eers sy feite by die FBI moes gekry het voordat hy enige beskuldigings van die omvang kon maak, veral aangesien die FBI die enigste instansie is wat gemagtig is in die VSA om meeluistering te doen.

Corey Lewandowski, ’n vorige verkiesingshoof van Donald Trump, het egter in ’n media onderhoud gesê toe Barack Obama in die Wit Huis was, het hulle die gesprekke in Trump Tower afgeluister.

Hy se die gesprekke van die voormalige senator, Jeff Sessions, is beslis afgeluister, maar Obama het dit probeer ontken.

Die talle voorvalle van verkeerde optrede deur senior ministers en parlementariërs in die Trump-regering is besig om onrus te wek in die VSA onder  talle Republikeine wat van mening is dat die kabinetslede nie sterk genoeg gedissiplineer word nie.

Dit blyk egter dat die Obama-regering ook geraamtes in die kas het wat nou eers na vore kom, en wat die Clinton e-pos skandaal na ’n piekniek kan laat lyk.

Intussen het duisende Trump ondersteuners optogte regdeur Amerika gehou om hulle voortgesette steun aan die president te toon.

Foto – Barack Obama