Trump begroting kry sterk teenstand

President Donald Trump het sterk teenstand vir sy begroting gekry, waarin verdediging ’n groot deel uitmaak, terwyl verskeie ander departemente tevrede sou moes wees met veel kleiner fondse as waaraan hulle gewoond is.

Vanuit die onverwagse hoek van die kongres, het Republikeine hulle weerstand getoon en kry die president die wind van voor.

Oor een saak was die kongres eenstemmig, en dit is dat die senaat nooit die begroting soos wat dit voorgelê is, sal goedkeur nie, ten spyte van die Republikeinse meerderheid in die Senaat.

President Trump se begroting dui daarop dat fondse vir buitelandse hulp dramaties gesnoei word, en dit vind nie byval by die kongres nie.  Etlike Republikeine, wat andersins besnoeiings sal steun, het die begroting as te radikaal beskou.

Groot weerstand is gebied teen Trump se besparings in die landbou wat minder produseer het weens die erge droogte verlede jaar, en argumente is gevoer dat Amerika nog nooit besparings toegelaat het in sy landbou bedryf nie.

Foto – Paul Ryan en Donald Trump