Theresa May waarborg EU verblyfreg

Die Britse eerste minister, Theresa May, het die naweek gesê die miljoene Europeërs van EU lande se voortgesette verblyf sal onder sekere voorwaardes, gewaarborg bly.

Sy het verwys na die Brexit proses wat met die aktivering van Artikel 50 die verblyf van Europese burgers wat woon in Brittanje, sal beïnvloed.

Na verwagting sal die Brexit proses om uit die Europese Unie te tree, in Maart begin, maar kan na verwagting so veel as twee jaar duur voor dit afgehandel is.

Om te verhoed dat Brittanje oorspoel word van mense uit Roemenië en Bulgarye voordat Brexit begin het, word sekere regulasies as voorsorgmaatreëls ingestel.

Dit blyk dat premier May van plan is om EU burgers wat na die “afsnydatum” van 15 Maart na Brittanje gaan, nie verblyfreg kan verwag nie.

Die huidige 3,6 miljoen mense wat uit Europese lidlande in Brittanje woon, se verblyfreg word gewaarborg, het die premier gesê, en bygevoeg dat daar wel ’n voorwaarde aan verbonde is, naamlik dat dieselfde regte in EU lidlande sal geld vir Britse burgers.

Foto – Premier Theresa May