Tafelberg brand weer

Twee helikopters en drie brandbestrydingsvoertuie is ingespan om ‘n brand op Tafelberg onder beheer te bring wat Donderdagmiddag ontstaan het.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend.

Intussen is bekend gemaak dat bykans 123 000 hektaar weiding, natuurlike bos asook infrastrukture vernietig is. Beramings word gemaak om te bepaal of boere verder gehelp moet word.