Spesialis eenhede faal

Die spesialis eenhede wat in die lewe geroep is om misdaad te beveg maak oënskynlik nie veel vordering nie.

Die Narkotiese Buro het 436 arrestasies gemaak waarvan slegs 28 skuldigbevindings plaasgevind het.

Die eenheid wat onwettige wapenbeheer en geweldsmisdade moet ondersoek, het slegs 231 arrestasies gemaak en 22 persone is gevonnis.

Die inligting is vrygestel deur Berning Ntlemeza, hoof van die Valke, wat dadelik die skuld  voor die deur van die waarnemende nasionale polisie kommissaris, Khomotso Phahlane lê. Volgens Berning sit hy en Phahlane nie langs dieselfde vuur nie.

Pres. Jacob Zuma se beloftes dat misdaad nasionaal beveg sal word, blyk nogmaals betekenislose woorde te wees.