Spanning oor toelaes laai op

Miljoene ontvangers van toelaes, waaronder ook volksgenote wat ouderdoms- of ongeskiktheidspensioene ontvang, is nie seker of hulle einde van die maand hulle toelaes gaan kry nie.

Dit volg op die chaos wat ontstaan het nadat ‘n nuwe instansie aangewys is om die toelaes uit te betaal, maar wat nie in staat is om dit te kan doen nie.

Nou het die tegnologiemaatskappy, NET1, wat die verspreider van die maatskaplike toelaes, CashPay Master Services oftewel CPS besit, gesê alle toelaes sal op 1 April betaal word ten spyte daarvan dat hulle geen nuwe kontrak met SASSA het nie.