Sjina vermy handelsoorlog met VSA

Die Sjinese premier, Li Keqiang, sê sy land wil die ekonomie wyer laat uitkring vir internasionale beleggers, en wil nie in ’n handelsoorlog gewikkel raak nie.

Dit is klaarblyklik in teenstelling met die miljardêr, president Donald Trump, se siening wat verkies dat beleggers na die VSA kom.

Die Sjinese premier het Woensdag gesê Sjina wil nie sien dat ’n handelsoorlog uitbreek tussen sy land en Amerika nie.

Hy het die sienings gedeel met die groot vergadering van die Sjinese se jaarlikse handelsbyeenkoms wat tien dae geduur het, se afsluiting.

Politieke waarnemers sê die Sjinese het deeglik kennis geneem van die ferm houding van president Trump oor beleggings in Amerika.

Die besluit van Trump om die CSA te onttrek uit die Trans-Pacific-Partnership kan egter vir Sjina ’n deur oopmaak om groter uitvoere te bekom.

Sjina het reeds geruime tyd sy oog op beter handel met Asië, en sal waarskynlik probeer om die mark te ontgin in die nabye toekoms om sy sukkelende ekonomie weer op dreef te kry.

President Trump en die Sjinese eerste minister beplan ’n ontmoeting in April, wat waarskynlik gesprek sal ontlok oor Trump se waarskuwing dat verhoogde invoerbelasting op Sjinese goedere van toepassing kan raak.