Republikeine het wye kontak gemaak met Russe

Verskeie hooggeplaastes in die Republikeinse Party van Amerika het kontak gemaak met die Russiese ambassade gedurende die verkiesingsveldtog van 2016.

Benewens Michael Flynn, wat bedank het nadat hy betrap is dat hy leuens vertel het oor sy gesprekke met Russiese hooggeplaastes, het die nuutaangestelde prokureur-generaal, Jeff Sessions, ook twee keer besoek afgelê by die Russiese ambassade.

In Desember het Jared Kushner ook ’n gesprek gevoer met die Russiese ambassade, en is pas deur die Amerikaanse regering bekendgemaak.

Intussen is gevind dat die e-posse van visepresident Mike Pence ook geïnfiltreer is deur onbekendes.

Ambassadeur Kislyak in Washington het verskeie besoeke gehad van Republikeine waarvan die twee besoeke deur Jef Sessions die meeste aandag getrek het, en die Demokrate geëis het dat hy moet bedank “omdat hy leuens vertel het”.

J.D. Gordan en Carter Page, twee van president Trump se adviseurs, was glo ook in gesprek met die Russiese ambassade gedurende die 2016 verkiesingsveldtog.

Sesions het intussen bekendgemaak dat hy onttrek uit die ondersoek oor sy besoeke aan die Russiese ambassade, maar ontken dat sy gesprekke iets te make het met die verkiesing.

President Trump het die afgelope naweek gesê die ophef wat gemaak word is slegs ’n heksejag wat deur die Demokrate gevoer word.

“Jeff Sesions is ’n eerlike man wat niks verkeerd gedoen het nie”, was die president se opmerking.

Koerante het intussen berig dat die visepresident Mike Pence dieselfde oortreding begaan het as Hillary Clinton deur vertroulike e-posse vanaf sy privaat rekenaar te stuur.

Foto – Minister Jeff Sesions