Nigeriërs dreig SA burgers met die dood

Ontstoke Nigeriese burgers het na bewering Suid-Afrikaanse burgers in Abuja versoek om die land te verlaat om ‘n bloedbad te voorkom.

Dit volg na die aanvalle op onwettige Nigeriese burgers in SA die afgelope weke. Die MTN kantore in Abuja is deur Nigeriese burgers geteister en loopfone en skootrekenaars is “gesteel” terwyl polisie toegekyk het.