Natal kom eerste

Natal het een eerste plek behaal in die land en dit is dat hul ‘n voorraad van 54 kondome het vir elke manlike persoon bo 15 in die provinsie.  Kondome word gratis verskaf by klinieke en gesondheidsfasiliteite.

Ten spyte van hierdie “suksesverhaal” sit sommige skole met ‘n 60% swangerskap syfer onder meisies.  Volgens statistieke is daar 90 000 swanger jeugdiges in SA. Hulle kan almal voordeel trek uit die toelaes wat die staat betaal aan werkloses wat kinders het.