Nasionaliste wen in Noord-Ierland

Die golf van nasionalisme spoel verder nadat die nasionaliste van die Demokratiese Unioniste Party (DUP) met ’n klein meerderheid die verkiesing gewen het in Noord-Ierland.

Die DUP, wat hoofsaaklik Katolieke verteenwoordig, het vir die eerste keer die oorwinning behaal teen die Protestante wat ten gunste is van voortgesette verbintenisse met die Verenigde Koninkryk.

Die Katolieke, wat republikeinse nasionalisme voorstaan, is ten gunste van hereniging met Ierland.

Die verkiesing is gekenmerk vir sy besonder hoë stempersentasie en is die eerste streekverkiesing sedert die bekende “Brexit-referendum”.

Die nasionaliste het een parlementêre setel meer as die regerende Protestante behaal, terwyl laasgenoemde voorheen sowat tien setels meerderheid gehad het.

Foto – Parlement van Noord-Ierland