Munisipale bestuurder geskiet

Die munisipale bestuurder van Richmond is vroeg Maandagoggend dood geskiet by ‘n verkeerslig in Howick, Natal.

Sibusiso Sithole was die Howick munisipaliteit bestuurder wat onlangs aangestel is. Spanning in die munisipaliteit is reeds ‘n geruime tyd te bespeur en kan dalk die oorsaak wees van die voorval. Dit was ook alombekend in die gebied dat Sithole korrupsie gehaat het.