Molshope vir aandete

Wat eet ons vanaand? Romerige, spierwit molshope in ons borde? Ja en dis ‘n heerlike dis saam met vis. Die resep is genoeg vir 4 tot 6 mense.

 

Bestanddele:

3 tot 4 groot aartappels

Groterige klontjie botter

3 ml bakpoeier

sout en peper na smaak

250 ml vars room

125 ml gerasperde Cheddar kaas

 

Metode:

Skil die aartappels en kook dit gewoonweg tot sag.

Dreineer en druk dit fyn soos vir kapokaartappels.

Voeg die botter, bakpoeier, sout en peper by saam met ‘n klein bietjie van die room.

Klop die mengsel tot lig.

Skep eetlepelsvol van die mengsel in ‘n gesmeerde oondskottel.

Giet die res van die room oor en strooi die kaas laaste oor.

Bak die molshope vir 20 tot 25 minute by 180ºC.

Dien dit warm op saam met ‘n heerlike stukkie vis.