Minister Tillerson se uitdaging in Asië

Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Rex Tillerson, het sy vuurdoop met onderskeiding geslaag en daarmee bewys dat die voormalige hoof van die oliebedryf ’n formidabele onderhandelaar en oorreder is.

Minister Tillerson sal sensitiewe gesprekke voer met sy Japanse kollega, asook met Suid-Korea en China, die drie lande wat hy die afgelope week besoek het as Amerika se hoof diplomaat en onderhandelaar.

Tillerson staan voor ’n reuse uitdaging met die spanning wat heers tussen Amerika en Sjina, terwyl Noord-Korea se kernwapenprogram bydra om die spanning te verhoog nadat die VSA missiel afweer toestelle in Suid-Korea ontplooi het om ’n moontlike aanval uit die kommunistiese staat af te weer.

Die verwagting is dat Rex Tillerson sy vernuf sal aanwend om Sjina te oortuig om groter druk op sy vennoot, Noord-Korea, te sit om af te sien van sy kernprogram.

Meningsvormers is van oordeel dat Amerika oor geen beter diplomaat beskik om met Sjina te onderhandel nie, en die uitkoms van die gesprek word wêreldwyd met belangstelling afgewag.

Foto – Rex Tillerson