Massiewe wapenarsenaal in Spanje gevind

In Spanje het die polisie ’n massiewe wapen opslagpunt ontdek waar duisende wapens en ammunisie geberg is.

Die polisie het foto’s vrygestel van die arsenaal met outomatiese gewere en ander wapens wat ’n hele stoor se vloeroppervlakte vol gepak is.

’n Polisie woordvoerder sê kommer bestaan dat die wapens deur terroriste daar geberg is om aanvalle regoor Europa uit te voer.

Hy sê die ondersoek wat reeds in Januarie begin is, het uiteindelik gelei tot die ontdekking van die reuse aantal wapentuig en ammunisie in die verlate stoor.

Sowat 9 000 vol outomatiese anti-vliegtuig gewere, 400 pistole en handgranate en talle ander vuurwapens is in die stoor gevind.

Blykbaar is geen persone op die perseel gevind nie, maar die polisie ondersoek die moontlikheid dat onwettige immigrante verantwoordelik is vir die berging van die wapentuig.

Die wapens wat in die noordelike deel van Katalonië gevind is, word tans deur die polisie bewaak om seker te maak dit word nie verwyder nie.

Waarnemers is egter van mening dat vryheidsgesinde Kataloniërs ook die moontlike eienaars daarvan kan wees wat gereed gemaak vir ’n burgeroorlog wanneer hulle afskeiding van Spanje werklikheid word.