Limpopo premier onder druk

Stanley Mathabatha, die Limpopo premier, is een van die politici wat sit en wag dat Zuma hom gaan vervang aangesien hy nie ‘n groot vertroueling is van die hoofman van die ANC nie.

Intussen eis die EFF en ANC Jeugliga Mathabatha se kop weens beweerde dronkenskap asook dat hy toelaat dat sy uitvoerende bestuur die provinsie se geldkas plunder.

Die premier se kantoor hou vol dat hy met onderskeiding en nougesetheid sy werk doen alhoewel Limpopo se skole in wanorde is, gesondheidsdienste alles behalwe na wense is, munisipaliteite feitlik geen skoon oudit kon kry nie en werkloosheid die hoogte in skiet.