Ligte en gesonde drankie

Gesonde ontbyt drankie vir almal wat op dieet is en sommer iets ligs vir Sondagoggend. Ons het gewoonlik al die bestanddele in die yskas en kombuiskas.

 

Bestanddele:

3 – 4 piesangs

410 gr blik mangostukke of koejawels, gedreineer

250 ml natuurlike laevet jogurt

100 ml melk

250 ml muesli

‘n Handvol kruisementblare

 

Metode:

Plaas piesangs, mango of koejawels, jogurt en melk in ‘n versapper en pols tot fyn.

Deel die muesli tussen 4 mooi glase en giet die drankie bo-oor.

Versier met kruisementblare en bedien.

 

Sommer vinnig en maklik en voedsaam. Sterkte met die dieet.