Landdros speel rassekaart, onttrek aan saak

Nadat ‘n landdros in Upington homself aan beweerde rassisme teenoor ‘n blanke beskuldigde skuldig gemaak het, het hy hom aan die saak onttrek.

Hooflanddros Steven Hinana het gesê die beskuldigde, ‘n 28-jarige onderwyseres, behandel moet word soos enige ander mens wat op ’n aansoek om borgtog wag.  Hinana het gesê hy sal dit nie in die hof goedkeur dat “omdat dit ’n wit mens is, sy voorkeur sal geniet om ’n dringende aansoek in te dien nie”.

Die beskuldigde het ‘n dringende aansoek om borgtog gedoen. Sy is gearresteer vir dade met minderjariges, wat reeds in 2014 en 2015 plaasgevind het. Sy is verlede week eers gearresteer, en die staat wou haar verder in aanhouding hou vir sewe dae vir “verdere ondersoek”. Haar prokureur het aangevoer dat die staat die saak al vir jare ondersoek en dat sy daarom op borgtog vrygelaat kan word.

Haar prokureur het sy misnoeë met die landdros se opmerkings uitgespreek en gesê dit is betreurenswaardig dat die landdros die “rassekaart” in die hof gespeel het.

Hinana het hom daarna aan die saak onttrek.